Hallo daar geliewende vriende en spioene. Baie welkom by my klets kolum. Ek hoop julle gaan lekker saam lees en kuier en baljaar. Kook die ketel ‘n drink ‘n  koppie tee want die lewe is soeter as heuning, en hierdie is my storie.

Ek wou nog altyd skryf. Wel nie altyd nie. Kom ons stel dit so, met die jare het ek agtergekom ek hou van baie praat, eerstens omdat ek baie van mondeling op skool gehou het(ja dis weird ne?), en tweedens want ek’t so vieslike gewoonte (gehad) om oor mense te praat as ek kinderlik opgewonde raak oor ‘n onderwerp. En was gereeld gese, moenie so hard praat nie. Dit het ook al gebeur dat ek kliphard van iemand praat dan staan hulle in die ander vertrek en hoor my. Ja so hard. Okay okay, maar hier is die rede. Ek is een van 8 kinders. Ja jy lees reg, 8. En nee ons het nie ‘n tv gehad nie. Dit was ‘n duiwelsding in daai jare. Dit was nog die goeie ou dae daai. Sonder selfone en tiewies, en as tannie Stienie van langsaan oorkom is die koffie reg en dan word daar gekuier in die kombuis, en of saam word die wasgoed opgehang. Daar was nie rerig ‘n tannie Stienie nie,maar julle kry die prentjie. So om terug te kom na my punt, mens moes HARD praat anders het hulle jou nie gehoor nie. Jy moes nog HARDER praat want terselfde tyd het jou boetie of sussie ook iets op die hart, en daar is nooit ‘n regte tyd gewees nie. Nee ou suster, as jy iets wil se moet jy dit nou se want netnou gaan dieselfde storie wees.

So daarvandaan het my liefde vir woorde seker ontstaan. En ja dis seker maar in ons gene ook. Ons hou van lees. Ons almal -reg deur die bank. As ons op ‘n Dinsdag middag met ons ligblou kombi by die biblioteek wegtrek, swaar gelaai vol boeke dan sug daai mense seker daar binne want nou is die helfte van die biblioteek leeg. Ai man dit was lekker. Jy is huis toe so opgewonde met jou 2 boekies en later as jy qualify as ‘n ‘grootmens’ mag jy 4 uitneem. Ek het so special gevoel om ook by die grootmense te mag uitneem. Mens kan net so lank aan Asterix en Obelix lees. Jinne maar ons het gelees dat die byle huil. Vir 2 dae was die huis stil. Elkeen met sy eie boek besig. En dan beginne ons uit te ruil. Ons het gelees tot laat in die nag. Naguile. Ons almal. As die son opkom en die voeltjies binne te chirp dan voel jy jy wil doodgaan. Oe en dan word daar ook geraas, want ek en my sussie mag nie daai stout boeke gelees het nie. Maar hoe ken jy ons, ons het hulle gesmokkel tot by daai toonbank in ‘n ander onskuldige opvoedkundige boek, en as my ma besig is met een van die kleintjies se boeke, dan glip ons dit so verby.. Maar as ek nou terug dink. My ma het seker geweet. Ek meen, sy was ook jonk. Mens vergeet dit. Wel daai tyd het ons nie gedink sy was eens op ‘n tyd  jonk nie. Ek meen as jy klein is dan dink jy seker jou ma is en was nog altyd 40. Nou sien ek haar en weet sys nogsteeds jonk van binne. En buite. Hey my ma is ‘n mooi vrou. Sy se altyd eks haar blom, en toe ek jonger was het sy altyd gese ek het meer moed as verstand. Jip. Dis nogsteeds so. Ek hou van gevaarlike goed. Eks nie bang nie. Wel as dit baie donker is ja. Maar nie gewoonlik nie. Ook gedoop as die ongeluks voel in die familie. Toe ek klein was en geleer het om fiets te ry, het ek reguit, met spoed, in die enigste nuut geplante boompie in ons mal groot erf gery. Die boompie uit die aarde en ek uit my fiets. Alles doen ek met oorgawe. Ja, as ek skottelgoed was dan dink die buurvrou dis ‘n griekse party in my huis. Ander mense sal dit seker hardhandigheid noem. Ek noem dit passion haha.

So hierme sluit ek my gebabbel af. Dit was lekker om so bietjie te skryf en ek hoop darem dat iemand gaan terug skryf 🙂 Laat weet my was dit okay, wil jy nog lees en waaroor moet ek nog iets skryf. Dan sal ek my brein juices laat vloei en my woorde loslaat. Hulle loop lekker so op ‘n keyboard. Okay ek moet nou baai se want netnou dink my baas ek skryf love letters op kantoor.

PS: skryf terug.

Natani x