So gisteraand toe vra ‘n vriendin vir my terwyl ons so lekker lag, wanneer skryf jy weer iets? So hier is my penarie. Ek het al hoeveel goed geskryf en wat op draft lê maar ek publish dit nie, want dis verbode. Jy weet mos. As ek dit gaan publish gaan meeste mense dit seker geniet, maar oeee wee. Liewe Belinda van nommer 3 Kerk straat in Groot Brak gaan dink ek het nou oor haar gepraat. Of sekere ‘verbode name’ mense gaan aanstoot neem want dis mos hulle beroep om dit te doen. Hulle neem dit sonder dat ek dit gee. Hulle neem dit met oorgawe en geen genot.

So dink ek toe na ons gesprek gisteraand. Ek het ‘n blink plan. Ek gaan ‘n undercover skrywer word. Anoniem is die woord. Soos the girl has no name tiepe ding. Ek gaan skryf tot lus en keur en my verlekker daarin dat ek soos swart kat in die nag met my swart jassie wapperend in die wind weg ry op my fietsie en giggel al af in die pad. Onbekende skrywer. Laat my toe dink aan ek wat so elke dag radio luister in my stille kantoor. “Hallo Amore”, kom die bewende of benonnerde ouerige stem op die radio. “Ek wil graag anoniem bly” dan draai ek klaar die klank harder, want die anonieme mense sê gewoonlik wat al die ander wil, maar te bang is om te doen. OF – hulle is die klaekouse en bang hulle skoonfamilie of buurvrou hoor hulle is ongelukkig oor sekere gebeure. Of dalk beplan hulle ‘n moord. Of bankroof. Dis seker meer likely deesdae. Maar, omdat hulle either wil kakstook, of net iets van die hart af kry moet hulle ‘anoniem’ bly.

Toe ek klein was en radio geluister het, was helfte van Niekie van den Berg se inbellers op die radio anoniem. Daai tyd was ek nog half klein en minder brein, en het gedink hoe is dit dat almal se name anoniem is. Hahaha. The ouvrou has no name ek sê jou. “Hallo Niekie”.. jaaaa jy kan maar praat Anoniem. “Niekie, hoor jy my?…” grrr want hulle luister mos na Niekie se stem oor die radio. “Anoniem ek hoor jou duidelik, kan jy asb die radio afsit” Niekie is ge irreteerd. “regso Niekie, net ‘n oomblik…” die radio word afgesit met ‘n geskuifel en swaar asemhalings. “Niekie kan jy my nou hoor?” teen daai tyd is die helfte van Suid Afrika moerig en wens net Anoniem kan tot haar punt kom. “Niekie ek hoor julle praat vandag oor bure.” Enough said. Anoniem jou lekker ding. Eks oortuig dat Niekie verversings moes vat om te cope. Hy’t ‘n lekker program gehad. Lekker met al die has no name mense gepraat, baie keer ongeskik, mense afgesny, ander keer land en sand gepraat en lekker gelag.

So die meisie is opsoek na ‘n skuilnaam. Dit kan nogals pret wees. Dink net. Imagine almal kon alles gesê wat hulle wou, en dat daar geen gevolge sou wees nie. Dis die ding wat my so kwaad maak deesdae. Ons lewe in ‘n generasie van pissies. Almal is te bang om te sê dit wat reg is, om op te staan vir wat hulle in glo. Hoekom? Want jy kan vervolg word en gevonnis word en dalk vanaand saam vrot voete in ‘n sel gegooi word en deur baardbek lang haar straatvrou beroof word van jou laaste airtime. Dit is so. Everything goes deesdae, but nothing goes. If you get my drift. Alles is fine. Maar niemand mag niks sê nie. Hulle noem dit mos mense regte. Die reg om te wees wie hulle is nogals. Maw ek is eintlik ‘n scumbag maar moenie met jou handjies aan my vat nie, my ass is holy. Ghhmp.

So liewe ‘luisteraars’. Wat sal julle sê sal ‘n goeie skuilnaam wees? Ek wil soos swartkat op my fietsie klim, my masker opsit en posbriewe van Anoniem in julle posbussies gooi. En daarna die dorp gaan rooiverf want dit was net nog ‘n mening van Anoniem. Die eerlike een.

Liefde

Natani x