Eergisteraand kon ek amper niks slaap nie. Heelnag deur het ek bly bid en smeek vir die Here dat Hy die reën moet stuur. Dit het amper gevoel asof ek inderwaarheid stoei en worstel met die ding. Amper soos Jakob in die Bybel wat ‘n hele nag lank met ‘n engel gestoei het. Dis hierdie water ding. Dis omdat my foon se weather app wys dit gaan kom reën. Van Vrydag af al hou ek die dae se voorspelling dop, ek raak kinderlik opgewonde oor die 60% reenwolkies en druppels wat met die ure nader kom. Maar nee. Dit kom nie. Die wolke kom dwaal net hier bo ons koppe rond, en dan waai hulle weg. Of hulle idle die hele dag en nag hier en dan vat hulle hulle pie en waai. Wil niks reën gee nie.

Vandat Kaapstad se burgermeester haar aankondiging gemaak het dat dag zero nie meer ‘n moontlikheid is nie, maar eintlik onafwendbaar, het die mense mal geraak. Dis ‘n sielkundige ding, dis daai survival mode. Dis mos die basiese en eerste vlak van Moslow se hierargie. Jy moet eet, drink, slaap. Ensovoorts.

Ek en Charl loop gister in Spar, ons koop toe ook maar ‘n paar bottels 5lt water vir emergency drink water as die paw paw die fan strike. Ek vra vir die cashier, “Koop die mense baie water?” “Joh! Mevrou wil nie eers weet nie. Hulle koep bokse van twentie op ‘n slag. Hele dag gaan dit al soe” sê sy.

Van die water warriors op die page ‘Water shedding Western Cape’ is nogals ernstig oor die storie. Ek is ook, maar eks darem nog nie mal nie. Die een meisie post ‘n before en after foto. Ja, sy het by haarself, haar mooi lang poniestert gaan afknip. Rekkie en al. Post nogals die foto van die arme verwerpte hare wat sy afgesny het, na hulle jare lank getrou op haar kop gebly het. Sy staan trots en smile met haar kort krulle op haar kop. “Alles wat ek sal doen vir water spaar” sê sy. Mense sê oeee jy lyk mooier met die kort hare! Maar ek dink hulle verwonder meer haar moed as enige iets anders. Ander vrou post “elke keer as ek my kraan oop draai raak ek paniekerig as ek dink aan dag zero”. Dan hoor ek weer daar was ‘n bakleiery in Makro, mense slaan vuis oor 5lt water op special. Die een ou wou al die water koop, toe wil ander mense ook hê. “Nee, sê hy; dis alles myne” Mense is bang. Hulle is bang vir siektes, hulle is bang vir die onbekende. Hulle is bang vir die tyd wat hulle gaan moet maak om ‘n lang rye te gaan staan vir water. Hulle is ook bang vir die moeite. Maar, ander is weer kwaad vir die government. Ander span weer hulle breins in en maak allerhande sommetjies oor hoe lank jy by die waterpunt gaan staan en dink aan al die probleme. Logistical nightmare word in elke tweede sin genoem. Dan is daar weer die DIY manne, hulle is my favourite soort. Hulle maak planne, en wys graag hulle tips en tricks. Ek gaan self so ‘n tip volg, jy koop ‘n 8lt pressure sprayer wat mense gewoonlik vir gif of vir jou tuin gebruik(of so iets wat mans doen buite op ‘n Saterdag) en dan sit jy ‘n showerhead op en dan kan jy stort in jou eie water effektiewe stort, met soos 3lt water. Die een ou sê hy is baie trots, hyself, sy vrou en seuntjie het almal gestort, en hare gewas met 8liter water. Darem nou nie almal gelyk nie. Dis nou impressive hoor, ek gaan dit defnitief probeer.

So ja, mens kan kwaad wees en jy kan bang wees en jy kan dat jou emosies met jou weghol, maar dit gaan niks verander nie. Dit gaan ook nie reën bring nie. So nou sit ons in die penarie, daar is blykbaar minder as 80dae van water in ons krane oor. Van water in die dam. Daarna kry elke persoon 25liter water per dag. Daarby moet jy dit gaan haal by ‘n afhaalpunt. Not a pretty thought.

Ek dink die goeie wat hier uit kom is dat mense ‘n bietjie van ‘n ‘reality check’ gekry het, en besef hoe belangrik en kosbaar water is, en om dit spaarsamig te gebruik, en nie te mors nie. Nog ‘n positiewe punt is dat mense besef ons is nog altyd afhanklik van God. Al is jy hoe ryk en al bly jy in die grootste paleis, jy kan nie jou geld eet of drink nie. Ek glo dan ook dit help ons as mense om saam te staan en mekaar te help in tye van nood. Dis so mooi om te sien van jong manne wat nou al aanbied om ouer mense te help water dra sou diè dag aanbreek. En dan laastens, ‘n bietjie suffer het niemand nog skade gemaak nie. Mens leer gewoonlik goeie goed daaruit, maak jou weer dankbaar en dit gee jou empatie en deernis vir die armer mense wat daagliks uit emmers water lewe en hulself en gesinne was, en aan die lewe hou. ‘n Mens is maar net ‘n mens.

Maar om terug te kom by my punt. Soos ek toe nou die reën te wagte is, pleit ek by die Here dat dit net asb moet kom. Ek bid al van laasjaar af dit moet reën, soos in behoorlik. Maar iets van daai sielkundige malligheid en oorlewing instink het gemaak dat dit my gedagtes oorneem. Dis warm in die kamer, dankie tog ons het aircons. Ek sit naderhand die aircon af want ek wil hoor as daai eerste waterdruppel die aarde tref. Ek wil dat dit in my gemoed insink en my volmaak van blydskap. Maar nee. Niks. Nie een druppel val nie nie. Ek hou my foon se weather dop. Volgens dit moet dit nou reën. Dit lyk soos reën, dit ruik soos reën, ek proe dit al, maar niks. Ek het met klomp vraagtekens en ‘n dowwe hoofpyn uiteindelik aan die slaap geraak. Deur die nag het die gesnork langs my, en my katte se middernag partytjie my kort kort wakker gemaak. Dan staan ek op, trek die gordyn oop en soek vir daai weerkaatsing van water op die nat sement. Niks. Dorre droe siel. Dit voel of ek uit ‘n vliegtuig gegooi is in die woestyn met ‘n bek vol sand.

Toe ek die oggend wakker word, toe praat die Here met my deur die volgende woorde:

Net daar sê ek jammer. Oh you of little faith. “Ek sal jou mos nooit los nie” het Hy gesê. “Vertou my net”

Jammer Here dat ek soos ‘n ongelowige mens begin worry het. Ja mens moet spaar en ja mens moet saamwerk, maar ek dien ‘n God van Wonderwerke, en watter wonderwerk sal dit nie wees as Hy ons reën stuur en ons damme volmaak nie. Almal sal weet, dit was nie Mandela, die Pope of enige ander mens nie. Dis net God wat dit kan laat reën.

Ek het nog later die oggend die son gevloek omdat hy alweer op my kop skyn, maar gister is ek toe met ‘n vol hart werk toe. Nie vol van water of reëndruppels nie. Nee, vol van hoop en geloof vir die onwaarskynlike.

En net vandag sien ek toe daai ‘on this day’ van Facebook. Kyk wat het ek presies ‘n jaar gelede geshare, julle almal onthou die video nê?!

So om af te sluit. Ek glo ons reën gaan kom, want die Here is nooit te laat nie, en Hy weet wat ons kort. Hy weet ook daar bly nou soos dubbeld soveel mense in die Kaap as 20jaar terug, en Hy het die means om vir ons te sorg.

Reënseisoen of nie.

Ons moet net GLO

Liefde

Natani xx