Hoe het ons wêreld so groot geword

En ons so klein geword?

Of het ons wêreld te klein geword,

En ons te groot geword?

Sal jy belangstel in papier en pen

Of sit jou vingers vas op jou skerm

Sal jy onthou om op te kyk

En jou te ontferm?

Sien jy die kind op die straathoek

Of sien jy net die een

Wat hulle vir jou wys

Voel jy nog die reën op jou gesig

Of bestaan jou lewe uit sambrele

Wat die lewe keer,

en wat alles veilig maak

Het jy jou kind weg gebêre

In boksies van grootwees?

Jy kan nogsteeds verantwoordelik wees

En ophou vrees

As jy net kan vertrou soos ‘n kind

Vir wat more inhou

Gee my genade vir my lewe, O God

Gee my die vrede

Van Jou goedheid

En guns.

Geskryf deur:

Natani Gerber

13 April 2018