Ek sien jou,

Man wat op die sypaadjie staan

Gebeur teen die Kaapse wind

Wat sy baadjie ruk ruk en

Rooi kolle van koue op sy wange blaas

Ek sien jou,

Oupa van iemand

Wat vir die bus wag, en

Die karre wat verbyjaag

Agterna staar

Ek sien jou,

Pendelaar en weer trotseerder

Wat soms in ‘n groep haas oor die pad

En soms alleen

Die myle moet stap tot by die volgende

Stop

Ek sien jou,

Die Here sien jou

Geskryf deur

Natani Gerber

1 Junie 2018

Photo credit: Pixabay.com