‘n Gedig geskryf aan my sussie Andrèa en haar grasdak huisie in die bos:

Sy het ‘n grasdak oor haar hart

Met plante toe gevou

Haar werk is in haar hande

Sterk, sag, soveel vrou

Die bos leef in haar hare

Vergeet my nie reuke

Kleef aan gister en more

En vanaand se sekelmaan

Skoonma tonge geplant

In ‘n tietie pot

Slapies babie

In jou witte kot

Dis groen wat groei

En liefde wat sus

Sy gee my weer

Nuwe rus