Liedjie my lief, hê my liewer as lief
Sy ontsnap uit die ure van die horlosie
En dans om die wysers van die klok
Soms trap sy ligvoet en swaai haar rok
Ander kere, swaar en effe verstok
Sy kan soms gevoel word
In die omhelsing van ‘n geliefde
Soms word sy gewaar
In die laaste strale van die son
Soms word mens van haar bestaan bewus
In die geluk van die oggend koor
Maar slegs die wat stil word
Kan haar mooiste note hoor