About me

Ek het eers so about me ding in Engels geskryf maar oh koot, ek voel dit beskryf my nie so raak nie.

Ek is ‘n gewone Christen vrou/meisie wat maar net lief is vir woorde en skryf. En lees en Afrikaans!

Ek is positief van geaardheid, ek hou niks van ‘naysayers’ nie. Ek sal myself as bubbly beskryf want eks mal oor mense en charge my batteries as ek tussen my mense is. My man sê gewoonlik ek het nie ‘n filter nie, ek trek seker erg na my Hollandse roots, want ek sê ‘n ding soos hy is en daar word dikwels aanstoot geneem in die sensitiewe wêreld waarin ons leef. Maar toe lees ek nou die dag in die Bybel, Jesus was net so. Mense het ook vreeslik aanstoot geneem, want Hy het dit ook gesê nes dit is. Sonder filters en valsheid. So ja, toe sien ek dis nie verkeerd om net ek te wees nie.

So bietjie meer van hoe ek op die aarde beland het: Ek kom uit ‘n familie van 8 kinders, selfde ma en pa. Ek het so bietjie al van hulle geskryf in my eerste blog posts. Ek is gebore in Potchefstroom en basies groot geword in George, in die Suid Kaap.

Ek is getroud met 1 dogtertjie en woon tans in Durbanville. Verder konsulteer ek my dienste as ‘n boekhouer/accountant – hoe ironies. As ek kon sou ek SO drama studeer het. Of Ingeneurswese. Maar ek hou nogsteeds van my werk want somme klop en lieg nie.

My skryf portfolio:

‘As die Vyeboom nie bot nie’ was gepubliseer deur Maroela Media op 1 Feb 2018.

https://maroelamedia.co.za/debat/briewe/.al-sou-die-vyeboom-nie-bot-nie/

Ek het het ook al ge feature in Rooi Rose se Feb 2018 uitgawe as een van die land se voorste vroue bloggers.

Nou ja julle, dis basies ek – laat weet my as jy hou van my pen se stories, ek skryf maar net vir lekker kry, tensy ek dalk eendag per ongeluk famous raak.

Liefde

Natani

Xxx

%d bloggers like this: